Sunday, 29 March 2009

Dalai Lama & China & ons onkunde

Daar is twee prentjies van Tibet en die Dalai Lama. Die een is die simpatieke Westerse mite dat Tibet ‘n soort edele Shangri-la is en dat hulle spirituele leier ‘n vreedsame, saggeaarde – dog nederige – figuur is, van die gestalte van Moeder Theresa, Ghandi of Nelson Mandela.

Die ander siening – vir ten minste 50 jaar sterk onderhou deur die grootste nasionale propaganda veldtog in die geskiedenis – is dat die ou monnik ‘n duiwel is met die hart van ‘n monster, en dat sy land voor 1949, die jaar toe China hulle bevry het, ‘n “versteende” [fossilized... gefossileerde klink lomp] beskawing was, waar slawerny en brutaliteit 95% van inwoners in ‘n hel op aarde gehou het, verdoem om oorheers te word deur die laaste feodale stelsel in die wêreld.

Gister was ‘n vakansiedag in Tibet. [Saterdag, 28 Maart] In ‘n poging om internasionale persepsies te verander, en om vir ‘n tuisgehoor verder te oortuig van hulle weergawe van die geskiedenis, het die Chinese regering 28 Maart tot Bevrydingsdag van Slawerny [Serf Emancipation Day] uitgeroep.

Regoor China was daar hierdie week in amper elke belangrike koerant ‘n identiese artikel: “Koester die vrug van demokratiese hervorming: die viering van die 50ste herdenking van die bevryding van miljoene Tibetse slawe.”

Dié opskrif was te sien in die People’s Daily, die Guangming Daily, die Economic Daily, Xinhua Online, en ten minste nog dertien ander, insluitende die webtuiste van die sentrale Chinese uitsaaikorporasie, CCTV. Die Chinese regering is nie bang om groot te gaan met hulle veldtogte nie.

So beskryf Xinhua, die offisiële nuusagentskap, die bevryding van Tibet:

“In die lente van 1959 breek ‘n golf van demokratiese hervorming oor die antieke area van Tibet en word ‘n wekroep vir die miljoene slawe. Oornag verander hulle van ‘pratende diere’ in waardige burgers; skielik is daar industrie, ontwikkeling en waardigheid. Hierdie glorieryke demokratiese hervormings lei tot die emansipasie van miljoene slawe en bring ‘n einde aan die laaste slawerny-samelewing in die wêreld.”

Vir die gewone Chinese man en vrou [the average Zhou] is daar geen vraag oor die status van Tibet nie. Die antwoord wat jy kry is eenvoudig dat Tibet nog altyd deel was van China, en altyd sal bly.

Tibet is in 1244 deur die Mongole verower is. Kort daarna het dit deel geword van die Yuan-dinastie van Kublai Khan, wat China verenig het onder Mongoolse heerskappy. Sedertdien kan daar min twyfel wees dat Tibet slegs nominale outonomie gehad het, en wat buitelandse betrekkings betref het was dit deel van China.

Na die val van die Qing dinastie, in 1911, het China ‘n stormagtige periode beleef waarin ‘n groot aantal streke nie onder direkte beheer van enige sentrale regering gestaan het nie, insluitend Tibet. Die Tibetse adel het in dié periode baie tyd gehad om ‘n kragdadige onafhanklikheid te proklameer, maar het dit nie gedoen nie.

Na die chaos van die “Oorlog van verset teen Japanese Agressie” (soos China die Tweede Wêreldoorlog noem), en die burgeroorlog waarin Mao Zedong se Kommuniste geseëvier het, het iemand skielik onthou van Tibet. Die Chinese leër is in 1950 ingestuur om Beijing se heerskappy te bevestig.

In 1956 breek daar ‘n rebellie uit, onder leiding van adelikes and kloosters [monastaries], aangehelp deur die Amerikaanse CIA. Die opstand is brutaal onderdruk en teen 1959 vlug die 14de Dalai Lama en ander regeringsamptenare na Indië, waar hulle tot vandag toe in Dharamsala ‘n balingskapsregering bedryf.

China sien die Tibet-kwessie as een van soewereiniteit – die weste sien dit as ‘n menseregte-kwessie. Aan albei kante is daar fondamentele misverstande. China ontleen hom nie aan vereenvoudigings nie. Ongelukkig is die graad van ons onkunde oor dié massiewe land so groot dat meeste opinies gebasseer is op geykte sienings uit populêre kultuur wat dateer uit ‘n vorige era. Om China effektief te hanteer, moet dit verstaan word in terme van sy eie kompleksiteite en outentieke aspirasies. Soewereiniteit is vir China allesoorheersend. Oud-leier Deng Xiaoping het gesê: “Soewereiniteit is nie oop vir onderhandeling [met enige ander land] nie.” Tibet moet in hierdie konteks benader word.

Die China van vandag is ligjare weg van die chaotiese gemors van ‘n honderd jaar gelede. Nog nooit tevore in die geskiedenis is soveel mense uit uiterste armoede gebring in so ‘n kort tyd as wat die afgelope dertig jaar in China vermag is nie. En al bly die Tiananmenplein insident ‘n verbode onderwerp, is China ook nie meer naastenby dieselfde land as in 1989 nie.

Maar ‘n paar dinge bly dieselfde: Tibet is een van hulle, die eilandstaat van Taiwan is die ander. Sedert 1949, toe Chiang Kai-Shek en sy Nasionaliste die eiland beset het na hulle nederlaag in die burgeroorlog, beskou die Kommuniste die eiland as behorende aan China. Tibet en Taiwan bly onderwerpe wat gewone Chinese onwrikbaar verenig. In China bestaan daar selfs op die uiterste periferie geen stemme wat onafhanklikheid vir enige van die twee streke ondersteun nie. “Taiwan is, was en sal altyd deel van China bly” lui die refrein.

Die feite is grys, maar twyfel bestaan nie oor die verweefdheid van Taiwan en China se verlede en toekoms nie. Redusering tot ons siening van demokrasie en geregtigheid ontken ‘n ontsettende kompleksiteit wat net met moeite vertaal kan word na ons idioom.

Selfs die “massamoord” van Tiananmenplein in 1989 gly deur ons vingers. ‘n Geloofwaardige interpretasie is dat die studente nie in opstand was ten gunste van demokrasie nie, maar eintlik vir ‘n terugkeer na ‘n meer fondamentele vorm van Mao Zedong se denke. ‘n Ander interpretasie wil dit hê dat die enigste fout begaan deur die destydse leiers is om so lank te wag voordat hulle ‘n aansienlike bedreiging tot hulle land se stabiliteit stop gesit het. Die implikasie is dat die Chinese, uit respek vir menselewens eintlik dinge vererger het deur hulle simpatie vir die studente. Hoe dit ookal sy, gemaklike verduidelikings bestaan nie.

Ook nie vir Tibet nie. Feit is dat Tibet al vir eeue verstrengel is in die geskiedenis van China, en waarskynlik volgens enige internasionale norme wettiglik aan China behoort. Mense het swaargekry in Tibet voor 1950, en hulle lewens is ongetwyfeld nou materialisties beter. Ontwikkeling in Tibet is die stadigste in China, maar met ‘n nasionale gemiddeld van 8% groei per jaar maak dit Tibet steeds ‘n bietjie voor Suid-Afrika. Die Chinese grondwet beskerm, op papier, die regte van minderhede en godsdienste, en die foto’s van gelukkige Tibetse kinders en monnike wat China die afgelope jaar in hulle media versprei kan nie almal vals wees nie.

Waarvoor veg die Dalai Lama dan? In sy woorde “werklike outonomie”. Hy het in die tagtigs al afgesien van die idee om onafhanklikheid te verkry vir Tibet. Jonger, meer aggressiewe elemente in die Tibetse bannelinggemeenskap sien dit as ‘n siniese realpolitik. Sy “outonomie” sal een wees waar ‘n Tibetse regering interne- en kulturele sake administreer, maar onderdanig sal bly aan China oor nasionale- en buitelande sake. Dit lyk op papier soos die status quo wat sedert die Yuan-dinastie gehandhaaf is.

‘n Probleem vir China lê egter in die area waaroor die Dalai Lama outonomie wil hê: dis bykans twee maal so groot soos die huidige provinsie van Tibet, en sluit ‘n groot deel noord van Tibet in waar daar aansienlike Tibetse kulturele aktiwiteit is. China argumenteer dat geen Dalai Lama in die geskiedenis nog oor so ‘n groot area geheers het nie.

Verder sien Beijing in hierdie aanspraak ‘n poging om terug te keer na die slawerny-samelewing van ou Tibet, toe die Dalai Lama ‘n god-koning was.

Beijing kan nooit ingee nie, redeneer Dr. Jian Junbo van die Fudan Univesiteit in Shanghai. As die Dalai Lama kry wat hy wil hê, sal ander etniese minderhede – China is baie trots op hulle 56 minderhede – soos die Uyghurs in Xinjiang, ook aangemoedig voel om dieselfde te vereis. Die gevolge sal katastrofies wees vir die sentrale regering. Die boodskap aan Taiwan van so ‘n ingewing aan Tibet sal ook soortgelyk wees, vir Beijing, as om hulle aanspraak op die eiland te laat vaar.

Maar dis in die hantering van buitelandse persepsie dat Beijing faal. Hulle vereiste aan Tibet en Taiwan: laat vaar julle aansprake op onafhanklikheid voor ons onderhandel. Die reaksie is natuurlik een van frustrasie: Hoe kan ons ingee nog voordat ons onderhandel? Dis asof PW Botha vir die ANC sê: vergeet van hierdie idee van stemreg, en dan, net dan, kan ons praat oor stemreg vir julle. Dit werk egter goed vir China, want hulle kan intern aankondig dat die deur vir onderhandeling en rasionele gesprek altyd oop is, maar dat die ander kant net nooit aan die vereistes wil voldoen nie. Vir die binnelandse gehoor werk hierdie tegniek wonderlik. Die Dalai Lama is public enemy number one: ‘n Adolf Hitler in wie se laakbaarheid geen twyfel bestaan nie.

Beijing se grootste bedreiging is die Internet. Hierdie week is berig dat video-webwerf Youtube heeltemal verban is in China. Voorheen is sekere videos individueel onbereikbaar gemaak, maar nou is die hele spul geblok in China. Die rede? Daar is nooit ‘n offisiële rede nie, maar dis maklik om te raai die video wat Chinese polisie wys wat Tibetse monnike wreedaardig slaan met knuppels ‘n aanspraakmaker is. En dit wys weer ‘n afwyking tussen redeneringsstrategieë: in die Weste is ons geneig om dadelik te vermoed daar’s iets wat die regering wil wegsteek. Chinese, aan die ander kant, is op die oog af bereid om die storie te sluk dat nasionale stabiliteit ten eerste gehandhaaf moet word. Ek sê "op die oog af" want in China is dit onmoontlik om meningspeilings te doen oor sekere onderwerpe. Daar is beslis afwykende sienings, maar geen plek om hulle raak te loop nie, behalwe in persoonlike gesprekke.

China het sedert kommunistiese beheer ‘n soortgelyke mite gebou as dié van Amerika se “melting pot”-droom. Die gewone Chinees sien hulle land as ‘n “harmonieuse” amalgamasie van hulle 56 minderheidsgroepe, en ‘n bedreiging vir hierdie wêreldsiening behels ‘n aanval op die kern van die Chinese identiteit.

Nes elders, inlsuitend hier met ons “reënboognasie” mite, het die Chinese ‘n paar diepliggende stories wat hulle oor hulself glo: kinders leer dat China nog nooit ‘n ander land aangeval het nie, ten spyte van die inval van Vietnam in 1976 en die aanval op Indië in 1962. Natuurlik word die Koreaanse Oorlog gesien as ‘n blatante poging van die VSA om China in te neem.

Vir Chinese was China nog altyd vreedsaam, en was hulle vir eeue die res van die wêreld se slaansak. Die Britse Opium-oorloë en die vernedering van die Bokser-rebellie en die besetting van Beijing is nog steeds oop wonde wat die mees liberale Chinees sy vuiste laat klem.

China voel, miskien tereg, dat die hele kwessie rondom Tibet uitgebuit word deur Westerse politici wat verskoning soek om China te beswadder. Die groeiende ekonomiese invloed van China tref baie as 'n bedreiging en 'n onderliggende "yellow peril" mentaliteit maak dit maklik vir die publiek en lui joernaliste om eensydige en vereenvoudigde berigte oor China te glo. Die uitdaging is om opnuut en sonder vooropgestelde idees met die werklikheid van China betrokke te raak. 

Wednesday, 29 October 2008

Saving streaming Quicktime video using iTunes

I potentially found a way of saving streaming Quicktime videos to my own computer using iTunes itself. This started because I stumbled upon the old short film made for Pink Floyd's Final Cut, released on their website as streaming video. I can still remember the hoops I had to jump through as a relatively money-deprived South African in the early eighties to get my hands on the VHS tape of this movie, so naturally I had to have it immediately.

This time I felt more confident: I know you can save Quicktime movies by getting at the embedded file's name, copying that into the URL and saving the page. This did not work, since all that got saved was a 200 byte link to the Quicktime streaming video site. I don't have QT Pro, so in desperation I figured I'll copy the little link video to iTunes, at least for future reference. It copied fine and clicking on it brought up the video well enough, but still streamed from the Quicktime site.

Then I did the potentially cool bit: I right-clicked the file in iTunes and chose: Create Apple TV Version, and -- whaddaya know: iTunes proceeded to convert the streaming video into a massive local copy in .m4v format.

I've tried this with two files and it worked both times. Because of the ridiculous, artificial bandwidth cap in South Africa, I'm going to get hell from the network guy as soon as he checks his logs, but screw it.

I searched around to see if anyone else had ever reported on this and couldn't find anything, so I decided I will.

PS. The Final Cut movie deserves a retrospective review, but not today.

Tuesday, 17 June 2008

Soleilmavis- The Children of the Cube

"On August 2002, I went to New Zealand . I again had all the symptoms often occurring. On April 2003, I had already spent all my money. I came back China and stayed with my parents. I had more symptoms : such as astriction, gatism, and sex harassment."


Wait, what? Sex harassment... symptom?

Read the rest here: Soleilmavis - mind control abuse and torture

Like Dr Gene Ray (Cubic)'s website, most of Ms Mavis's works are also blocked in China.

Coincidence?

Why, yes. That's what "coincidence" means.

Follow the links yourself. No explanation of mine will do this mindwarp any justice.

But what do these people have in common?

Africa China Relations

I've started a new blog to aggregate news about Africa-China relations. There will be very little comments by me, just links as I find them. This is just a collection of items for my own benefit in the future, facilitated by the ease of the Flock browser.

If any Chinese-enabled people find interesting Chinese language items relating to Africa, and especially South Africa, a heads up would be much appreciated.

Wednesday, 28 May 2008

One brainfart leads to another: Sharon Stone's bad karma

Yesterday the Chinese Internet exploded in a bubble of hate when Sharon Stone's comments about the earthquake was published. I thought, at first, it was the typical hysterical response of people who can't fully comprehend English.

Today Google News carries 281 English entries, with names like "Sharon Stone blames China's earthquake on karma".

It's one thing when the sensitive Chinese "blogosphere" goes apeshit because of a limited comprehension of English: it's quite another when the "western" media jumps in and ... oh wait. Am I learning something about the western media here? (Nothing new.)

Here's what Sharon Stone said. You can also see it here on YouTube.

"Well you know it was very interesting because at first, you know, I am not happy about the ways the Chinese were treating the Tibetans because I don’t think anyone should be unkind to anyone else. And so I have been very concerned about how to think and what to do about that because I don’t like that.
"And I had been this, you know, concerned about, oh how should we deal with the Olympics because they are not being nice to the Dalai Lama, who is a good friend of mine.
"And all these earthquake and stuff happened and I thought: is that karma? When you are not nice that bad things happen to you.
And then I got a letter, from the Tibetan Foundations that they want to go and be helpful. And that made me cry. And they ask me if I would write a quote about that and I said, “I would.” And it was a big lesson to me, that some times you have to learn to put your head down and be of service even to people who are not nice to you. And that’s a big lesson for me."

So, ostensibly this sentence is the one that pissed everyone off:

And all these earthquake and stuff happened and I thought: is that karma? When you are not nice that bad things happen to you.

Can you see the question mark? Of course, she didn't SAY the question mark, but she inflected pretty efficiently. It's a question.

I can rephrase this sentence:

... I thought: is that the will of God? When you are not nice that bad things happen to you.

Or:

... I thought: is that Allah's will? When you are not nice that bad things happen to you.

Or even:

... I thought: are they being punished? When you are not nice that bad things happen to you.

Would she have been lynched if she'd said: I thought, since I'm a Christian and I believe everything that happens is the will of God, that maybe the earthquake too, was the will of God.

As it happens she is a Buddhist. This means she does believe in karma, as do millions of people even inside China. When this kind of thing happens, people from all religions ask themselves if this kind of suffering has a meaning.

The obvious difference that English-challenged people seem to miss, is that she then goes on to criticize her initial train of thought, relating how she was humbled by the Tibetans request for assistance for the victims.

This is like a Christian saying: I thought: Is this the will of God? But then I thought, God teaches us to be kind to everyone, even people we don't agree with, and I learned a valuable lesson.

This thinking, however distasteful to atheists (as I am), is still pretty much part and parcel of what religions do. But leaving that aside, she is actually, however superficially it might be expressed, telling a story of personal enlightenment. "Once I was an idiot, and then I learned to stop being one."

It's like telling the story only halfway, up to the point where the protagonist is a really bad person, stopping just before he learns his lesson and becomes a good person. Then burning the book because he's a bad person somewhere in the beginning.

Actually, this is hard to write, because it's so bloody clear: she didn't do anything wrong. She doesn't have to apologize.

The earthquake might well be seen as karma, by people who believe in karma. It might have been the will of God, for people who believe in God. It might have been the movement of a great, submerged noodley appendage for all we know. But Sharon Stone didn't insult earthquake victims in any way. If you can't get that, it means your English is simply not fluent yet.

She pissed off China because she supports the Dalai Lama.

Why did she piss off the western media, though? Is it because she was a Scientologist? Maybe it's karma for Basic Instinct. Maybe bad things happen to you when you expose your opinions.

Could this also be a clash of legal systems? The way she phrases her comment introduces, in my mind, doubt about her intention of "blaming the earthquake on karma". In other words, it is possible for me to interpret her words as a rhetorical device to eventually refute her initial reaction. Legally, this doubt leads to the legal concept of "Innocent, until proven guilty". I therefore grant her this innocence from a cultural bias in favor of a legal principle.

This principle isn't universal, and therefore Chinese cultural bias might favor a position where the responsibility now rests on the accused to prove herself innocent, and she is presumed guilty until such time as she does.

This principle also influences my view of the Jack Cafferty/CNN case: I could conceive of him honestly referring to the Chinese government, and not the Chinese people, therefore my basic instinct (ha. ha.) was to grant him innocence. I also knew immediately that both his and Sharon Stone's comments could be "clarified" by them after the fact, if they wished, to support such an "innocent" reading, and thus hold, in themselves, no basis for legal conviction.

Maybe Chinese culture doesn't grant innocence instinctively. Could we internalize legal traditions to this extent? Or do our legal traditions simply reflect our cultural biases? I think I know the answer to that one, but what do you think?

Thursday, 22 May 2008

Xi'an Red Cross fundraising event

On Wednesday afternoon the Xi'an Red Cross volunteers had a fund raising event in front of the Kaiyuan supermarket, opposite the central Bell Tower. At 14:28 they unfurled a long banner and observed three minutes of silence, then well-wishers could sign the banner and were invited to give donations. Here are some pictures:






You can find out how to donate by following this link.

Tuesday, 20 May 2008

Earthquake prediction: state of the art

Aftershock rumours are going around and the Seismological Bureau has issued a warning of a possible 6 to 7 magnitude quake. Apparently Chengdu, Chongqing and Xi'an are mostly closed for business. School has been cancelled so I have too much time on my hands.

I found an Eartquake Forecast study presentation (PPT file) on the Chinese Institute of Geophysics website. It gives an interesting look at earthquake forecasting methodology used in China, unfortunately using data from 1990 to 1998.

Firstly, it's important to note the word "forecasting" is used, and not "prediction". The one time in history when an earthquake was successfully "predicted" was in Haicheng, in 1975. A number of precursors led to the evacuation of the city's 1 million residents 5 hours before a Mag. 7.3 earthquake. Prediction is short term, and the author of this presentation, calls this prediction "a lucky (and therefore unrepeatable) successful prediction".

He cites foreshock activity as a significant precursor, but also abnormal animal behaviour and ecological "anomalies". He also implies it was basically very good timing for the earthquake to have come so quickly after the evacuation, when people were still willing to accept waiting around outside. A few hours later they would have become impatient and would have returned to their homes. Not really a factor in the prediction, but it emphasises the good luck on that day.

Apparently seismologists in China have an annual "National Consultative Meeting on Seismic Tendency". Given the impossible task of predicting an earthquake, they tend to focus on three general questions for a specific (1 year) time frame:

1. Will there be any M>7 earthquakes occurring in western China?
2. Will there be any M>6 earthquakes occurring in eastern China?
3. Which areas seem to be likely to have a M>5 earthquake?

The difference in magnitude between Western and Eastern China is based on the quality of infrastructure. Eastern China is more developed and buildings are more likely to withstand a Magnitude 6 quake. Damage will more likely be financial.

In Western China there are still many underdeveloped areas, as the Sichuan earthquake demonstrated, were casualties are more likely to be the predominant concern.

This annual consultation, therefore, has a narrow and manageable focus: probability of destructive seismological activity within the period of one year in the future. Because of this their forecasts are easier to analyse statistically.

The following GIF animation shows the success rate of forecasts in China from 1990 to 1998. The yellow areas are the areas where earthquakes were likely to occur. Every red dot represents an earthquake during that year. The success rate is expressed as a number between -1 and 1, where 1 is complete success.



They use the following formula:
Success rate = successful predictions divided by total number of earthquakes minus false alarm area divided by total aseismic area

(I take "aseismic" to mean dormant.)


Thus: hit rate minus false alarm rate.

An interesting side note, made by the authors, is that OF COURSE if you say China will have an earthquake this year, you can be 100% sure of being correct. This is why the false alarm rate has to be subtracted in the above formula.



According to this formula, the trend has been climbing, albeit very slowly, since 1990.

Sunday, 18 May 2008

Xi'an earthquake fatalities and damage

The Xi'an Public Security Bureau (PSB) released details of deaths, injuries and damage in Xi'an from the May 12 Sichuan earthquake.

The quake was felt in Xi'an at 14:28 on Monday, May 12. From that moment, untill 18:00 on the 13th a total of 49 cases were reported, including 19 deaths and 30 injuries, six of whom were seriously injured. Bridges and roads were damaged to different degrees.

Of the 19 fatalities, none were associated with collapsed buildings. "Some" people were killed when a crane collapsed, some were killed by collapsing free-standing walls and some people apparently drowned while swimming in a reservoir. Five people died when jumping out of buildings in panic when the earthquake struck.

One of these was identified as a 30 year old who jumped to his death in the Yanling District. Four others were primary and middle school pupils.

Apparently a total of 4506 meters (I don't trust my translation very much here) of walls collapsed throughout the city. Eight schools were damaged (again with the schools!) At one school a "monument" collapsed, killing two students and injuring another two. At another schools some students were injured when a temporary wall collapsed during the evacuation process.

Some students at the Xi'an University of Arts and Science (西安文理学院) were hurt after jumping from the second floor after the after shock at 04:00 am on May 13. They are being treated for minor injuries.

Source: http://news.xaonline.com/index/news_1349921.shtml

I have been shown photos of damage at one school, where a staircase was heavily damaged and support beams in the roof fell to the floor. The photographer didn't want to share the pictures and is afraid of being identified. Seems students were ordered to keep this information to themselves.

Another student told me a water tower on top of a building near his house toppled over and fell into a market, killing some people. He had no more information and the area had been cleared of debris by Friday.

[UPDATE 20 May 2008]
Shaanxi Province:
114 killed.
3017 injured.
102696 houses destroyed (I assume this means each apartment in a building counts as one)
597112 houses damaged (ditto)
479668 homeless
Damages amount to: RMB 6 322 270 000. That's 6 billion yuan.

[UPDATE 25 May 2008]
Death toll in Xi'an city rose to 26.
Number of injured revised to 1108.
We had an aftershock at 16:21 this afternoon. Buildings were again evacuated.
No news of any injury or damage in Xi'an.
AFP reports 1 death and 262 injuries in Chengdu.

Saturday, 17 May 2008

[Updated: NOT fraud] Donation fraud at school in Guangdong

This video, hosted on Chinese portal Paopao (泡泡俱乐部) shows administrators at the No. 3 Middle School in Huizhou, Guangdong, filming their teachers making donations to Sichuan earthquake victims. Then they take out the money and film themselves making rather big donations, using the same wad of cash.
Not finished yet: they then hand out the same money to a batch of students and film them, yet again putting the same money in the box. The video was shot by one of the students from the second floor. He reports that he dare not go back to school now. The administrators (principal, etc.) apparently told him that he could come back to school if he tells everyone his video is fake. Everyone who's seen this video on various Chinese websites, is shocked and disgusted at this cynical behaviour. Expect death threats.

If the first link doesn't work for you, the video can also be seen here at Sina.com.

UPDATE: According to the Southern Metropolis News the school held the donation ceremony on the 15th but then just re-enacted it for the media on the 16th. They did in fact raise RMB112 979 and didn't act against the students who took the video. The school acted very quickly after this video began circulating and posted a notice explaining the event. The students who took the video also posted an apology.

I will follow suit: I should not have jumped to conclusions so quickly. This was a valuable lesson in engaging with China based on misinformed preconceptions. Credit to the Southern Metropolis News for investigating this.

Thursday, 15 May 2008

China Aardbewing

Ek is op die grondvloer van 'n 14-verdieping gebou toe die aardbewing tref. My brein kan dit nie verwerk nie. Eers dog ek iemand werk met 'n lugdrukboor, maar die muur voor my vibreer en die rakke in die DVD winkel skuif oor die grond soos 'n ongebalanseerde wasmasjien.

Dan hardloop mense na buite, arms oor hulle koppe. Op die sypaadjie reën dit potplante en klippe. Almal kyk boontoe. Ek voel duiselig. Die wêreld reageer nie reg nie, asof ek dronk is. Alles beweeg. Die geboue begin kreun. Ek besluit om my kans te vat deur die vallende gemors. Karre stop in die hoofstraat. Duisende mense stroom uit geboue uit en 'n geruis gaan op oor die hele stad van Xi’an. Klein stukkies teëls val neer op die sypaadjie. Die hoogspanningsdrade wieg heen en weer. 'n Hyskraan swaai rond soos 'n skip se mas.

Almal is op hulle selfone. Party mense huil liggies, ander lag van die skrik. Elke oog is boontoe gerig. Die 50-verdieping China Telecom gebou wieg liggies. Dis verbasend stil. Die beweging op die grond is gou verby: miskien 10 sekondes, maar die pale en geboue vat langer om te bedaar. Dit was die Sichuan aardbewing, soos ons dit gevoel het, 630km van die episentrum af, in Xi’an, Shaanxi Provinsie. Dit was die beste dag vir 'n aardbewing: sonskyn, ligte wind, blou lug, en dit was 2:28 in die middag. Vir die volgende uur staan die hele stad in die strate rond. Niemand waag dit in geboue in nie, en meeste mense voel net veilig in die middel van die pad, so ver as moontlik van enigiets wat kan val.

Daar’s 'n ligsinnige atmosfeer. Mense geniet die sonskyn, eet roomys, ruil grappe uit. Dalk was dit die Dalai Lama, sê iemand. Dalk het Amerika aangeval. My hande bewe. Niemand besef teen daardie tyd dat die middelpunt van die aardbewing die grootste natuurlike ramp tot gevolg gehad het wat China in meer as dertig jaar getref het nie. Wat ons betref is dit 'n dag van werk af, en 'n paar oomblikke van vrees word gou vergeet in die algemene gemoedelikheid.Na 'n uur waag ons dit terug in die kantoor in, en die internet begin boodskappe deurstuur. Die eerste berigte sê niks van skade nie.

Chengdu, die naaste groot stad aan die aardbewing, rapporteer eers geen probleme nie. Dieselfde het daar gebeur as hier, neem ons aan: trouens, regoor die enorme gebied van China het mense geboue ontruim. Beijing, 1500km van Chengdu af het dit gevoel. Shanghai, selfs verder het dit gevoel. Selfs in Vietnam en Thailand het die geboue bietjie geswaai. Vyf uur die middag hoor ons van CNN dat vier kinders dood is in die Chongqing megastad, suid van ons. Dis erg, maar klink redelik vir so 'n groot skok. Mense begin hulle ervarings op die Internet en op Youtube versprei. Geen groot kommer onder die gewone mense nie. Meeste mense is onder die indruk die ergste is verbei.

Een ding pla: die regering kondig 'n massiewe reddingspoging aan. Die premier, Wen Jiabao klim persoonlik op 'n vliegtuig na Chengdu om die poging te lei. China Central Television (CCTV) begin 'n spesiale 24-uur program toegewei aan die aardbewing. Lugrederye kanselleer alle vlugte na en van Chengdu. Dan verloor ons TV-seine en selfoon-ontvangs. Die telekommunikasie netwerk word oorweldig. Die internet hou aan werk, maar konneksies is wisselvallig. Nuus kom van 900 skoolkinders, vasgekeer onder 'n vernietigde skoolgebou. Dis 7 nm en mense in Chengdu het nou al 44 na-skokke getel. 3000 soldate word ingevlieg, maar niemand weet presies waarheen nie.Effens onverwags begin die staat se offisiële mondstuk, Xinhua, om byna elke minuut nuwe inligting te versprei.

Kommunikasie is afgesny na die ergste areas, berig hulle. Dis die relatief klein stad van Wenchuan, bevolking ongeveer 120 000. Niemand kan in of uit nie; al die paaie is onbegaanbaar. Dit het begin reën daar en telefone – landlyne en selfone – is afgesny. Die weermag word ingestuur, maar dit lyk asof hulle sal moet loop. Helikopters kan nie ingaan nie weens sterk wind. Planne word gemaak om valskermsoldate in te stuur.Intussen word dit nag. Xi’an se parke loop oor. In die oudste park, gebou op 'n ou Tang dinastie paleis se gronde, sit duisende mense in die naglug en kaart speel of lees.

Studente begin 'n impromptu opvoering wat draak steek met popsterre. Mense dra stoele buitentoe en begin kamp opsit vir die nag. Vriende bel en vra of ek 'n tent het want hulle woonstel is nie veilig nie. Almal is onseker of dit offisieël is, en of mense net bang is. Stories doen die rondte van na-skokke. Op 'n stadium stuur die weermag-hospitaal teksboodskappe wat waarsku van 'n na-skok, net om dit minute later op radio te onttrek. Maandagnag is vreemd, maar niemand het nog 'n idee van die volle nagevolge nie. By die kantoor sit ek en vertaal nuusbrokkies van Engelse bronne vir angstige Chinese kolegas. Hulle is verbaas dat ek soveel inligting, so gou kan kry.

Ek vind later uit, meeste van my bronne kry hulle inligting van ander Chinese mense en vertaal dit dan, en ek bring die nuus volle sirkel.

Ek besluit om tog in my woonstel te slaap die aand. Mens moet so gou as moontlik weer op die perd klim, al is die perd in hierdie geval 'n hele planeet.Die res is geskiedenis, of gaan binnekort wees.

Die Sichuan aardbewing was 7.9 op die Richterskaal, groter as die 1976 Tangshan aardbewing wat 240 000 mense gedood het. Op daardie stadium was China besig om uit die as van die Kulturele Revolusie te kruip, en het hulle vir maande die omvang van skade ontken en buitelandse hulp weggewys. Eers sewe jaar later het hulle buitelandse joernaliste in die gebied toegelaat. Vandag se China is anders.

'n Reeks gebeure het die huidige regering laat besef hulle sal hierdie een anders moet hanteer. George Bush se trae reaksie op orkaan Katrina is nog vars in die politieke geheue, tesame met die negatiewe effek op sy populariteit. Onruste in Tibet, en die instinktiewe geheimhouding wat daarmee saam gaan, het China 'n lelike diplomatieke blou-oog gegee, en hulle wil verdere reaksie vermy. Burma se belaglike Junta is juis besig om die wêreld se veragting te wek met hulle weiering van internasionale welsyn. China sal angstig wees om 'n meer grasieuse indruk te skep. Maar dis nie hierdie buitelandse oorwegings wat die Chinese regering se grootste motivering is om nou so vinnig en kragdadig op te tree om hierdie tragedie te verlig nie.

Ten spyte van populêre opinie in die Weste, speel buitelandse opinie 'n amper weglaatbare rol in Chinese politiek. Sonder 'n demokratiese mandaat werk hierdie regering van dag tot dag in 'n stimulus-respons houding teenoor die 1.4 biljoen mense wat deur hulle stille aanvaarding die huidige leierskap duld. Met die spoed van informasie oor die internet, en die konnektiwiteit van Chinese burgers, kan die regering nie bekostig om in 'n noodsituasie soos hierdie te lyk of hulle laks is om te reageer nie.

Onlangse gebeure het gewys hoe sterk Chinese nasionalisme kan wees, en as dit ooit teen die regering draai, is hulle dae getel. Die geskiedenis wys dit keer op keer. Mense misverstaan China geweldig in die Weste: deels oor hulle eie onwilligheid om oop kaarte te speel, en deels as gevolg van ons eie vorm van breinspoeling. Wat ons vandag in China sien is 'n soortvan direkte demokrasie: daar’s nie tyd om te wag vir 'n verkiesing elke vyf jaar nie. Daar’s nie enige ideologiese gehegtheid aan langtermyn doelwitte nie.

Hier moet die regering oombliklik reageer om die mense se verwagtings na te kom, of -- andersinds -- dan om hulle aspirasies te deflekteer. Laasgenoemde was die norm vir dekades. As dinge sleg lyk, blameer Japan, Taiwan of die Weste. Die nuwe generasie Chinese word nie so maklik gekul nie. Hulle verwag opregte, onmiddelike optrede.En hulle kry dit.

Chinese premier Wen Jiabao, tegnies nommer twee in die land, na President Hu Jintao, is konstant op CCTV met 'n luidspreker in die hand, in die middel van die rommel, besig om mense moed in te praat. Sy gewoonlik saggesproke stem reeds rou van emosie, terwyl hy kinders troos en met 'n hardehoed op self aanmoedigings in die oorblyfsels van geboue inskree. "Kinders," sê hy, "dis julle oupa. Hoe moed." Daar na is hy te sien in gesprek met 'n snikkende dogtertjie. Hy praat saggies met haar en sy bedaar. Hy kry dit reg om die fotograwe en bystaanders te ignoreer. Dis net hy en die meisie hier. Hy ryk uit na 'n huilende baba, in sy ma se arms. Die kind hou op huil. Die ma sê dankie. 'n Politieke droom vir 'n westerse gehoor, maar daar's geen stemme op die spel hier nie.

As China môre stembus toe moes gaan, sal hierdie selfde regering met 99% van die stem wegstap. Daar’s 'n les hierin vir ons. Vir een ding: demokrasie is aansienlik meer as net 'n verkiesing.

Ten spyte van die regering se massiewe poging is daar tog berigte van bitterheid. Party mense wonder hoekom regeringsgeboue in die ergste beskadigde areas nog staan, maar soveel skole het inmekaar gesak. Ander beweer 'n geoloog, wat die regering wou waarsku, is stilgemaak. Mense wys selfs na 'n massa migrasie van paddas en vlinders weke voor die aardbewing, as profetiese tekens wat geïgnoreer is. Dis egter normale menslike reaksie, na so 'n ontstellende ervaring. Dié keer is dit almal se ervaring. Mense regoor die land het dit gevoel. Almal gaan vir jare nog onthou presies waar hulle was om 2:30 op 12 Mei 2008. Intussen het die publiek hulle harte en sakke oopgemaak. Kollekteringsbokse is oral in die stad te sien, en bloedskenkingsvoertuie het lang rye mense wat gereed is om by te dra. Geld strooom in van regoor die land en almal volg die nuus obsessief om te hoor wat die situasie is.

Die weermag het Dinsdagnag ongeveer elfuur eers Wenchuan bereik. Na 'n paar uur het hulle reeds 500 sterftes aangemeld, maar in 'n stad waar 80% van geboue totaal vernietig is, verwag hulle nou dat daar ten minste nog 12 000 mense vasgekeer of dood is.Ons het nounet berig ontvang dat die reddingswerkers vandag, Woensdag, vir die eerste keer sekere dorpe in die bergagtige gebied in sentraal Sichuan kon bereik, waar dit lyk asof meeste totaal en al vernietig is. Selfs hier in Xi’an, 630 km weg, is daar 22 mense dood. Die nuusberig sê nie hoe nie. Miskien het 'n gebou inmekaargesak, miskien was hulle minder gelukkig toe die teëls begin reën het. Maar, vir nou, gaan lewe weer aan soos normaalweg.

Skole is weer oop en die strate is nie meer so vol kampeerders nie. China Telecom het mobiele selfoon stasies opgestel en Starbucks, oorkant die straat, is oop. Mense vertrou al klaar weer die grond onder hulle voete. Want hoe kan mens anders? Die foto’s van dooie kinders raak meer op die internet. Die regering laat dit toe. Mense soek inligting, en niemand word verbied om foto’s te neem nie. Hulle lyk nes my studente, met hulle rooi serpies, maar hulle oë is toe. En elkeen van hulle is hulle ouers se enigste kind.


Help asseblief. Donasies kan hier gemaak word.

Please help. Donations can be made here.