Resensie van Die
vierde stem deur Francois
Bloemhof
Volle
ontboeseming: Ek lees nie baie Afrikaanse boeke nie. In die afgelope jare het
ek net boeke gelees wat aan my gegee is deur welmenende bladredakteurs om te
resenseer (hi, Jo!).
Dit verander die ervaring. In my geval dwing dit my om hondslegte boeke klaar te lees – boeke wat ek andersins in die asdrom sou gooi.
So, ek is ’n maagd wanneer dit kom by hierdie genre – Afrikaanse spanningsverhale. En ek het gedink ek weet wat om te verwag: clichés, studentikose filosofiese mymeringe, troopsoet karakters (ek hoop jy sien wat ek daar gedoen het: nié “stroop” nie), stereotipes en baie selfbewuste seks.
Dit verander die ervaring. In my geval dwing dit my om hondslegte boeke klaar te lees – boeke wat ek andersins in die asdrom sou gooi.
So, ek is ’n maagd wanneer dit kom by hierdie genre – Afrikaanse spanningsverhale. En ek het gedink ek weet wat om te verwag: clichés, studentikose filosofiese mymeringe, troopsoet karakters (ek hoop jy sien wat ek daar gedoen het: nié “stroop” nie), stereotipes en baie selfbewuste seks.
Groot
was my verbasing toe ek vind dis presies wat ek kry. Met groot bedoel ek klein.
Op
die eerste blaaie van Die vierde stem (partykeer waardeer ek ons
Afrikaanse gewoonte om titels só sonder hoofletters te skryf) word groot gewag
gemaak deur die helpmekaarspan van ander Afrikaanse skrywers van Francois
Bloemhof se vermoë om te boei en te ril. Siniese lofbetuiginge, in my opinie.
Wat
die storie betref: ’n Neurotiese vrou met ’n geheime bywoner, ’n sielkundige
wat kan hack (“kuberkraker” sê die boek, want sy gekose mark sal ril van
lekkerkry by die aanhoor van hierdie Orania-woord), en ’n skrywer wat Herman
Lategan genoop het om die woord “kuisheidsgordels” in sy Rapport-resensie
te laat gebruik... En een idee: ’n variasie op die “vierde muur” van die
uitvoerende kunste.
Baie
slim, sê hy sarkasties.
Hierdie
massamarkstorie doen uiteindelik voor as ’n potloodskets van ’n idee, met elke
lyn net getrek om te beur tot by die eindstreep. Maar in die blaaie waardeur
die leser moet werk, is daar ’n algehele gebrek aan vindingrykheid. Die
taalgebruik is keurig plat, koerantstyl, skoolstyl. Niks humor en woordspel
nie; geen betrekking van die sintuie nie; jy sien niks, jy hoor niks, dis
net... stemme. Liggaamlose stemme in ’n bewussynstroom wat eenvoudig vir jou
vertel wat gebeur. Jy sien niemand se angs nie, iemand sê maar net hulle is
beangs en jy moet hulle woord vat. My voorskrif is ’n dosis Cormac McCarthy,
dan kom sien jy my weer môreoggend. (Clichés is eerlik, volgens die boek.)
Daar
is niks vermaakliks aan hierdie boek nie. Dis net ’n skets van ’n idee wat
uiteindelik tog ’n vindingryke skildery kon gewees het. Maar met geen normale karakters
by wie ons kan aanklank vind nie, geen vermaaklike sinne nie, geen propperse
beskrywings nie en die humor van ’n busongeluk is hierdie net ’n siniese poging
om ’n baie spesifieke mark te ontgin – ouerige Afrikaanse tannies (hi, Ma!).