Kliek hier vir Finale Weergawe in Rapport
LEES EERS: Hierdie resensie is 'n voorlopie konsepdokument. Dit is nie die finale produk nie. Ek wil 'n eksperiment doen om te sien wat die reaksie daarop sal wees, sodat die finale produk meer gerig is op lesers, en sodat daar reeds 'n gesprek bestaan wanneer dit gedruk word. Ek doen dit in my persoonlike kapasiteit. Terms and conditions apply.
Resensie: Rodriguez deur Piet van Rooyen
Ná heelwat teleurstellings die afgelope jaar, het ek baie hoop op
Rodriguez geplaas.
Die flapteks beloof 'n "eg menslike verhaal deur 'n bekroonde skrywer". Die "bekroonde" is soms rede tot kommer, maar Piet van Rooyen lyk na die ware Jakob: M-Net Boekprys in 1998 vir
Die olifantjagters en in 1993 die eerste prys in die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie vir
Die Spoorsnyer.
Daarbenewens het hy al 18 boeke die lig laat sien, insluitende akademiese boeke en 'n paar digbundels, wat almal redelik goeie resensies gekry het. Hy is tans professor in politieke wetenskap by die Universiteit van Namibië, met 'n agtergrond in antropologie.
Benewens bogenoemde benewens, is hy van die Ernest Hemingway-skool: buitelug, aksie en avontuur -- "manlike" dinge, en nie skaam daaroor nie.