Tuesday 4 October 2005

Pros and cons of hitchhiking

This post is going to happen in Afrikaans, to avoid the possibility of offending the relevant person I'm sure to offend.

Okay, hoe spandeer mens 'n uur -- 'n hele uur! -- daaraan om jou hare reguit te maak met 'n elektriese knyptang? Laat ek die omstandighede skets: Dis Luocheng, suid-oos Sichuan, Rooi China. Dis elfuur die oggend. Die geratel van majiang blokke skud die fondasie van die drieverdieping houthuis soos die ou toppies onder in "Boot-vormige Straat" hulle klippe af kry. Pragtige nag gespandeer in 'n klein dubbel-kamer (i.e. twee beddens, goddank) teen wat sou uitwerk op R8 per persoon. Aha. Dus twee persone. Ek het die fout gemaak om my trippie te deel met 'n ditzy chick wat saam met my skoolhou, en nie juis die beeld uitstraal van een wat alleen die wildernisse kan aandurf nie. Niks anti-chick daarin nie -- dis net sy, regtig. So toe dink ek wat de hel, zou ba.

Die kamer het een elektriese lig, maar maak op vir alles in karakter: uiteindelik 'n regte authentic Chinese plek. Luocheng is nie op die Lonely Planet kaart nie, dis hoe lonely dit is. Klein dorpie aan die onderkant (gatkant) van een of ander rivier, bekend vir sy erm "Boot-vormige Straat". Moennie vir my vra nie. Dis 'n mooi ou straatjie, seker 500 meter lank, houtgeboue aan albei kante, lang oorhangende teelafdakke, honderde stoele en tafels vir die ou toppies en hulle blokkies. Daar's 'n stuk of vyf skeerplekke waar mans agteroor sit en sigare rook, terwyl iemand hulle hele gesig skoonskeer. Jy't reg gelees: voorkop, wange, neus, die lot. Hulle word witgevryf sodat net hulle ogies uitsteek. Dit lyk soos 'n klomp albino Chinese met sigare. Lame-o vergelyking, maar akkuraat.

En tussen-in herken ek die twee wonderlike karakters vir Luguan, oftewel dan Hotel. Ons dring binne met ons backpacks en 'n ou tannie -- bless -- so groot soos 'n kleinerige Hobbit gryp my aan die arm en trek my die trappe op, na 'n view van teeldakkies en 'n netjiese klein kamertjie met twee beddens (dis belangrik, die twee beddens). En toe se sy die belaglike ding van R8 per persoon, wat ek eers dog is Chengdu-taal vir "baie meer as R8" maar uiteindelik word my queries verwerp en ek oorhandig toe R20 en voel sleg toe sy al die pad af hardloop vir my kleingeld.

Okay. Maar behalwe die lig is daar geen ander elektriese opsies in die kamer nie, en ditzy chick besluit sy kannie rural China face sonder plat hare nie, so hier's die solution: as dit 15 minute vat met 'n werkende knyptang thingy, dan vat dit seker 'n uur met 'n non-werkende een.

Les: nooit weer met enige iemand anders toer nie. Vergeet dit net.

Okay, so terwyl ek wag het ek CS met die local gentry gespeel in die local internet cafe, en hierdie hele ding geskryf op my Pocket PC, wat lank vat met 'n stylus.

Die National Day holiday, wat eintlik 'n week lank is, is in volle swang. (Swang is 'n weird woord as mens dit skryf.) Oral loop oor van toeriste. Die polisie geniet hulle self gate uit. (Remind my om eenkeer te vertel van die SHE konsert in Xi'an, regarding die polisie.) Maar in Luocheng is daar niks, niemand wat soos toeriste lyk nie. Net ek en die ditzy-ste chick in die heelal.

1 comment:

  1. ek het nou dag amper my super supau oor die hele counter van die 7eleven uitgegooi toe ek SHE se nuwe album cover gewaar. hulle lyk regtig freaky en naar.

    ReplyDelete