Monday 25 June 2012

Resensie: Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger


Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger

tl;dr: Te veel eksposisie maak die aksie dood. Probeer hy 'n Nazi verskoon vir sy dade? -- want as blote verduideliking stort dit in duie...

Dié boek ruk jou uit Suid-Afrika, en selfs uit Afrikaans, tot in Duitsland voor die Tweede Wêreldoorlog, en dít is sy grootste prestasie.

Tot 20 000 spoorwegwerkers in Nazi-Duitsland het geweet hulle pleeg massamoord, en is nooit vervolg nie.

In Die twee lewens van Dieter Ondracek ontmoet ons een, die ingenieur Dieter Ondracek. Treine is sy passie. Ons volg sy genesis as die een wat die treine laat loop na die konsentrasiekampe. Ons volg sy opgang, sy val, sy vernedering, en sy hervestiging, as Nazi-vlugteling in Suid-Afrika, waar hy skuil van sy verlede, en van Simon Wiesenthal.