Wednesday 25 July 2012

Resensie-in-wording: Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren

Kruitvat slegs elektronies beskikbaar op Amazon.

Kruitvat ook as slapband by Amazon beskikbaar.


Ek sal nie 'n geheim maak daarvan nie: Ek is moer beïndruk sover met hierdie boek.

Hier is Amazon se beskrywing:

Die jong koerantbaas op Phalaborwa, Adriaan Ferreira, het baie hooi op sy vurk. Hy het aanvanklik gedink sy koerant, Bosveldnuus, gaan 'n rustige lewe tot gevolg hê, want hoe moeilik kan dit nou wees om oor sportbyeenkomste en troues te skryf? Maar dié amateur-joernalis sit die pot heeltemal mis. Eers word 'n swart meisie noodlottig in 'n tref-en-trap-ongeluk beseer en daarna volg 'n grusame moord. Twee uiteenlopende gebeure, wil dit voorkom, maar die gerugte op die dorp vertel 'n ander storie. En die gemoedere loop hoog. Gooi by hierdie onstabiele situasie erg konserwatief-Christelike sienings, 'n Portugees wat met wapens smokkel, 'n verhouding met die verkeerde vrou en 'n vriend uit Adriaan se verlede wat ou spoke opjaag, en jy het 'n kruitvat wat wag om te ontplof. Adriaan sit dalk op die grootste – maar ook die gevaarlikste – storie van sy kort joernalistieke lewe. En hy is beslis nie toegerus vir dié een nie. Wat jy sien, is nie altyd wat jy kry nie.

EDIT: My resensie van Kruitvat is nou op Rapport se website.

Tuesday 17 July 2012

Is Crito net nog 'n troll?

Ek dink dis tyd dat Crito bietjie aangevat word. Elke week, baie gedissiplineerd, resenseer Crito die boekresensies van Afrikaanse boeke wat in die media verskyn het -- 'n baie waardevolle diens.

Maar die anonimiteit en die luukse daarvan om sonder spertyd en radaksionele ... insette ... te werk, maak hom van tyd tot tyd self arrogant en intellektueel slordig.

Kyk, geen twyfel die ou kan homself goed uitdruk nie, maar hy moet ook darem aangevat word as hy die pot mis sit.

Sy laaste resensie van my resensie van Piet van Rooyen se boek Rodriguez het my gewys Crito lees partykeer haastig op soek na maklike punte. Die ad hominem help ook nie.

Tuesday 3 July 2012

"Witskrif" van 'n boekresensie

Kliek hier vir Finale Weergawe in Rapport



LEES EERS: Hierdie resensie is 'n voorlopie konsepdokument. Dit is nie die finale produk nie. Ek wil 'n eksperiment doen om te sien wat die reaksie daarop sal wees, sodat die finale produk meer gerig is op lesers, en sodat daar reeds 'n gesprek bestaan wanneer dit gedruk word. Ek doen dit in my persoonlike kapasiteit. Terms and conditions apply.

Resensie: Rodriguez deur Piet van Rooyen


Ná heelwat teleurstellings die afgelope jaar, het ek baie hoop op Rodriguez geplaas.

Die flapteks beloof 'n "eg menslike verhaal deur 'n bekroonde skrywer". Die "bekroonde" is soms rede tot kommer, maar Piet van Rooyen lyk na die ware Jakob: M-Net Boekprys in 1998 vir Die olifantjagters en in 1993 die eerste prys in die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie vir Die Spoorsnyer.

Daarbenewens het hy al 18 boeke die lig laat sien, insluitende akademiese boeke en 'n paar digbundels, wat almal redelik goeie resensies gekry het. Hy is tans professor in politieke wetenskap by die Universiteit van Namibië, met 'n agtergrond in antropologie.

Benewens bogenoemde benewens, is hy van die Ernest Hemingway-skool: buitelug, aksie en avontuur -- "manlike" dinge, en nie skaam daaroor nie.