Friday 8 April 2011

Kernkrag



Drie invloedryke omgewingsaktiviste loop oor na kernkrag.
Die drama by die Fukushima Nommer 1 kernkragsentrale het nou al van die voorblaaie van koerante verdwyn, maar die gevaar is lank nie verby nie. Werkers spook steeds dag in en dag uit om die reaktors onder beheer te bring. Hulle taak word bemoeilik deur hoogs radioaktiewe water wat rondom die sentrale opgedam het na pogings om die reaktors af te koel met seewater. Daar is nog nie oplossings vir al die probleme nie. Fukushima is die tweede grootste kernramp in die geskiedenis van hierdie kontroversiƫle kragbron.
Dit lyk dus onwaarskynlik dat drie gerespekteerde omgewingsaktiviste tot die gevolgtrekking sou kom dat Fukushima nie net vir hulle oortuig van die veiligheid van kernkrag nie, maar dat kernkrag moontlik die enigste praktiese oplossing is vir aardverwarming.