Thursday 21 September 2006

My vakansie planne

So, die Oktober Goue Week is oppad. Dis een van drie weeklange publieke vakansies in China. Ek gaan my fiets vat, my video kamera en 'n paar bottels water en oos ry langs die Wei rivier so ver as wat ek kan, en dan gaan ek halfpad omdraai. Ek behoort Beijing te maak in 12 dae volgens my berekeninge, maar ek het net sewe so as ek die grens van die provinsie haal sal ek gelukkig wees. Ek't gister 'n oefenlopie gevat, westekant toe. Ek bly in die High Tech Development Zone, so dis wolkekrabbers vir drie kilometer of so, en dan, met minder as 'n fluister van waarskuwing is jy skielik in Stalinist Oos Rusland -- of volgens boustyl dan.
Betonpad, 'n voet diep in stof, 10 ton lorries en myle van identiese vasgekoppelde baksteenhuise, vol vuil kinders, vuil honde en mans wat aan motorfietse werk. Die lug, nooit eintlik bekend vir suiwerheid nie, raak selfs meer stowwerig, amper solied en klein muggie-agtige insekte bombardeer jou. Onmoontlik om oopmond fiets te ry. Of moontlik. Net onsmaaklik.
En "Hello" skree-ende punks met niks beter om te doen nie, skeinbaar. Arme konte: wat 'n lang wag vir die enigste buitelander wat hulle ooit gesien het en waarskynlik gaan sien. [Ek neem aan "skeinbaar" is verkeerd gespel, noudat ek so daarna kyk. Laat ek gou dictionary.com uitcheck. Oh. Right.]
So, ek, kamera (waagstuk), water en fiets. Die plan is om alle ander benodigdhede langs die pad te verkry en as dit nodig is in die wildernis te slaap. Sal foto's neem. Kyk uit. Dit sal iets wees om te vertel en hopelik my skuld betaal vir die volgende ses maande.

3 comments:

  1. Befokte idee! Klink na 'n ware avontuur... ek is mal oor die "mans wat aan motorfietse werk." Snap 'n paar van hulle as jy kans kry... En dan die tog ook - it's a journey to our future (or past?)

    ReplyDelete
  2. Een ding worry my. En ek dink as ek na die tydskaal kyk is my lees daarvan reg: jy bedoel F-I-E-T-S sans motor vooraan? Enjoy. Lekker gears shift.

    ReplyDelete
  3. Ja, fiets. Ek ry more-oggend. Die weervoorspelling tune 100% reen volgende 8 dae. Ek't so 'n koel fiets reenjas ding gekry, en met koel bedoel ek lelik. Vandag die laaste stuff bymekaar gekry. Sal my analog kamera moet vat, vir veiligheid en vir natgeit. Hoop om more aand in Weinan te wees. Daarna: fokweet. Sien julle later.

    ReplyDelete