Wednesday 25 July 2012

Resensie-in-wording: Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren

Kruitvat slegs elektronies beskikbaar op Amazon.

Kruitvat ook as slapband by Amazon beskikbaar.


Ek sal nie 'n geheim maak daarvan nie: Ek is moer beïndruk sover met hierdie boek.

Hier is Amazon se beskrywing:

Die jong koerantbaas op Phalaborwa, Adriaan Ferreira, het baie hooi op sy vurk. Hy het aanvanklik gedink sy koerant, Bosveldnuus, gaan 'n rustige lewe tot gevolg hê, want hoe moeilik kan dit nou wees om oor sportbyeenkomste en troues te skryf? Maar dié amateur-joernalis sit die pot heeltemal mis. Eers word 'n swart meisie noodlottig in 'n tref-en-trap-ongeluk beseer en daarna volg 'n grusame moord. Twee uiteenlopende gebeure, wil dit voorkom, maar die gerugte op die dorp vertel 'n ander storie. En die gemoedere loop hoog. Gooi by hierdie onstabiele situasie erg konserwatief-Christelike sienings, 'n Portugees wat met wapens smokkel, 'n verhouding met die verkeerde vrou en 'n vriend uit Adriaan se verlede wat ou spoke opjaag, en jy het 'n kruitvat wat wag om te ontplof. Adriaan sit dalk op die grootste – maar ook die gevaarlikste – storie van sy kort joernalistieke lewe. En hy is beslis nie toegerus vir dié een nie. Wat jy sien, is nie altyd wat jy kry nie.

EDIT: My resensie van Kruitvat is nou op Rapport se website.



Hier is net 'n paar punte:


  • Die ensemble cast werk regtig goed: Elkeen het 'n duidelike stem en die verhouding tussen die mense raak net so lekker soos die plot. Laat my dink aan Firefly of Buffy the Vampire Slayer... nee, daar's niks teenage angst nie, ek praat net van die spitsvondige deernis tussen karakters.
  • Afrikaans is op sy beste in dialoog, en Kruitvat doen dialoog uitstekend. 
  • Daar's niks ekstra vet sover nie: die plot kap aan teen 'n ratse pas, maar vat ook sy tyd om die wêreld van hierdie mense duidelik te skets.
  • As jy hou van Douglas Adams, Terry Pratchett -- en in Afrikaans van Poppekas, Deon Meyer, en selfs Kerneels Breytenbach -- dan is hierdie jou koppie Earl Grey. (Ook as jy hou van Skandinawiese krimi's, soos Jo Nesbo, soos Amazon my herinner.)
  • Die karakters is volwasse en herkenbaar. Hulle is nie argetipes, karikature, simbole, weerspieëlings, opsommings, tools of puppets nie. Baie verfrissend.
  • Die vroulike karakter is geen sidekick-hanger-on nie: Sy's 'n volwaardige, sterk mens en die interaksie tussen haar en die hoofkarakters is geloofwaardig soos min wat ek al in Afrikaans raakgesien het.
  • Die politiek is nie verdag nie: Hierdie is normale, eerbare, wit Afrikaners wat probeer sin maak uit 'n world gone maddde, maar wat diep en moreel omgee vir die mense om hulle. Puik. Mens voel tuis hier, jy herken die wêreld; dis nie verdraai vir 'n politieke of Letterkundige doelwit nie.
  • Mens voel mens kan braai met Henning Janse van Vuuren.


Aan die con kant:


  • Net in hoofstuk een is daar een oomblik waar die bewussynstroom te vinnig na 'n ander karakter spring. Dís waarskynlik omdat daar net 'n aks te veel dialoog is, terwyl die leser nog sy voete probeer vind in die vinnige stroom van die gesprek.

Going forward:

Ek's bietjie minder as halfpad. Nou begin die plot belangrik raak. As ek die skrywer was sou die versoeking groot raak om nou 'n spul nuwe karakters voor te stel... en dit kan alles baie gekompliseerd maak. Ons sal sien wat gebeur.

'n Nota oor versorging:

Dié boek is net elektronies beskikbaar. (Dis ook as slapband beskikbaar.) Die kwaliteit van die aanbieding is van aansienlik hoër gehalte as amper elke gedrukte Afrikaanse boek wat ek die afgelope jaar moes resenseer. Daar is 2 gevalle tot dusver waar ek slegs uit persoonlike stylkeuse woorde anders sou skryf. Daar is geen tikfoute nie; die taal is keurig geredigeer (ek notice dat hier 'n goeie sub betrokke was -- ons subs sien sulke goed raak). Dis waarskynlik die beste waarde vir jou geld as jy op soek is na Afrikaanse stories.

Maar kan dinge nog verkeerd loop vir ons held, die skrywer?

Ons sal binnekort uitvind.

26 Julie

Vir die puriteine: Hier is 'n gesprek wat ek met Henning Janse van Vuuren op Facebook gehad het:




No comments:

Post a Comment