tl;dr: Hoekom kan Afrikaanse skrywers nie net stories vertel nie? Back to basics vir julle almal.
Vroeg in
So lig soos klip sê die verteller: “Daar is vir hulle gelees en gebid, en die res van die dag is hulle opgefok en uitgekak.”
Die boek handel oor ’n seun van Fietas (Pageview en Vrededorp) in Johannesburg wat deur sy armoede en sy ouers afgeknou word en dan nog deur God, die staat en die polisie in ’n loop gelaai word om te dien as kanonvoer teen die swart, rooi en veralgemeende totale aanslae.
As jy wit en oor 30 is, is dit die storie van jou lewe. (They fuck you up, your mum and dad, sê Philip Larkin; hy bly relevant regdeur die boek. )
Die kind, wat naamloos bly, is ten gronde ’n goeie mens (gebore in onskuld, ens.), maar die skuldgevoelens van godsdiens en die atmosfeer van militarisme, waar die doel altyd die middele heilig, maak van hom ’n emosionele slagveld.