Friday 17 February 2012

Omstander-effek en die dood van Wang Yue

Sedert 18 verbygangers onlangs versuim het om ’n Chinese meisie te help nadat sy omgery is, word oor Chinese waardes en moraliteit besin. Het die nuwe empire empatie? vra kritici. Oppas, ook die Weste ly aan hierdie sindroom... 

’n Twee jarige kleuter drentel in die straat. ’n Aflewerings wa, sy kopligte uitgedoof, ry op haar af. Die wa stamp haar en ry met sy voor wiel bo oor haar. Die bestuurder stop, aarsel. Dan ry hy ook met sy agter wiel oor die kind.


Die eerste man wat verby stap, móét die ongeluk sien gebeur het – hy was net meters agter die motor. Die tweede man draai met sy fiets uit om die meisie te mis. ’n Minuut ná die ongeluk ry ’n tweede voertuig, ook sonder kopligte, bo-oor haar voet. ’n Ma en dogter stap hand aan hand verby en kyk na die kind, maar stop nie. Iemand op ’n bromponie kom tot stilstand, gee een kyk en ry weg.


Altesame 18 mense stap of ry in die volgende sewe minute by die bondeltjie verby.

Uiteindelik trek ’n skroot handelaar die kind na die kant van die pad, en die histeriese ma daag oomblikke later op.

Haar dogtertjie, Wang Yue, is op 21 Oktober dood verklaar waar sy in die waak eenheid van ’n militêre hospitaal vergeefs versorg is.

Sedert die ongeluk op 13 Oktober is die kring televisie opname van die insident al meer as 2 miljoen keer op die internet bekyk, en daar word besin oor die stand van Chinese moraliteit. “Dit is ’n klad op ons moraliteit. Waar was u gewete?” het die TV nuus leser Yan Yanzi gevra.

Kritici het sedertdien voorspel dié gebrek aan empatie is tipies van ’n land waar menslikheid tweede viool sou speel teenoor die klem op ekonomiese groei en politieke invloed.

En dit lyk na ’n maklike gevolgtrekking: China se waarde stelsel wankel ná 62 jaar van kommunisme waartydens tradisionele Chinese kultuur vernietig en daarna vervang is deur die wins bejag van hul nuwe kapitalistiese ingesteldheid. Die moraliteit van die verdrukkende feodale stelsel is uitgeroei, en Mao Zedong se “ewige revolusie” kon niks beduidends in die plek daarvan sit nie. Nou is dit elkeen vir homself in ’n wenner-neem-alles kultuur van korrupsie en bevoorregting.

Daar is menige soortgelyke verhaal wat die indruk kan wek dat daar in die Chinese psige iets kouds is. Terwyl ek in China gewoon het, het ek eenmaal ’n vrou opgehelp nadat sy deur ’n motorfiets ryer van haar fiets gestamp is. Die vrou het uit my hand los geruk en met ’n uitgerekte kreun terug gesak. Die skare was vyandig teenoor my. Niemand het probeer help nie.

(Ek het ook eenmaal gesien hoe ’n vrou liggies deur ’n motor gestamp is toe sy oor die straat wou stap – sy het net gestruikel, maar vir sowat ’n uur daarna nog in die straat gesit en om finansiële vergoeding geroep.)

Daar was gereeld stories oor mense wat ander probeer help het, maar dan vir die slagoffer se skade aanspreeklik gehou is.

In 2006 is ’n man wat ’n ou vrou by ’n bus halte opgehelp het nadat sy geval en haar been gebreek het, vir haar mediese koste verantwoordelik gehou. Die hof het bevind dat iemand haar net sou help as hy verantwoordelik was vir wat gebeur het. Dié sogenaamde Peng Yu-saak word wyd geblameer vir die moderne Chinese houding teenoor hulpverlening.

(Die bestuurder van die aflewerings wa wat Wang Yue omgery het, het na bewering gesê hy het ná die tyd weg gery, want as die kind dood was, sou dit hom net ’n paar duisend kos, maar as sy beseer was, sou hy ’n miljoen moes opdok.)

Ook in 2006 is ’n 14-jarige meisie wat haar voet met ’n stuk plaas gereedskap beseer het, toegang geweier tot ’n vliegtuig van die Hainan-lugdiens omdat die reëls kwansuis draagbare op vliegtuie verbied. Selfs toe die meisie aandui sy sal maar ’n sitplek inneem, is die versoek geweier. Sy moes die rit van 18 uur na die stad Lanzhou nood gedwonge per bus aflê, waarna haar voet geamputeer is.

Die instinktiewe reaksie ná sulke insidente is om te dink dat die Chinese kultuur aan ander waardes waarde heg as die Weste, dat hul siening van ’n samelewing se reëls anders lyk.

’n Mens sou dink reëls bestaan om mense te beskerm en dat dit dus gebreek kan word wanneer ’n situasie opduik waarvoor dit nie ontwerp is nie. Volg Chinese die reëls egter eerder in alle gevalle slaafs na omdat hulle jare in ’n outokratiese stelsel moes leef?

Dit is ’n rassistiese mondvol. En dit is verkeerd.

Wat in China gebeur het, is nie uniek nie. Ons is almal so. Die omstanders wat die kind nie gehelp het nie, het opgetree soos talle mense regoor die wêreld optree wanneer hulle in so ’n situasie beland. Sielkundiges noem dit die omstander effek of Genovese sindroom. (Kitty Genovese is op 13 Maart 1964 in New York oor ’n tydperk van 30 minute herhaaldelik met ’n mes gesteek en verkrag terwyl 38 mense die aanval gesien of gehoor het en versuim het om iets te doen.)

Die omstander effek werk kortliks soos volg: Hoe meer mense daar is, hoe skraler is die kans dat ’n slagoffer hulp sal kry. Mense hou ander dop vir ’n aanduiding van hoe om op te tree. As niemand lyk asof ’n gebeurtenis hom pla nie, sal die individu ook nie optree nie – straks doen hy iets verkeerd, dalk maak hy sy naam krater. Mense dink ook telkens: Sê nou ek bied die verkeerde soort hulp en doen meer skade as goed? Daar moet tog iemand anders, soos ’n dokter, wees wat beter gekwalifiseer is om te help...

Dit is skaap mentaliteit. Maar ons is almal so.

In Suid Afrika het die groep People Opposing Women Abuse (Powa) as eksperiment ’n man in die nag klip hard laat tromme speel in ’n kompleks in Johannesburg, en die volgende aand ’n band opname van ’n rusie gespeel wat dit laat klink asof ’n vrou om haar lewe baklei. Klagtes oor die trom speler se geraas het in gestroom. En toe die vrou se hulp krete deur die nag lug weerklink? Stilte. Geen klagtes nie. Niemand wou betrokke raak nie.

Wanneer mense die omstander effek uitleef, tree hulle volgens die evolusionêre draaiboek op – hul gedrag is nie onverwags of onverklaarbaar nie. Maar dit skrei steeds ten hemele dat dít die norm word.

Die Weste moet daarteen waak om China uit te sonder en dié land se waardes te bevraagteken. Sy nuut gevonde welvaart en globale invloed beteken oningeligtes is besorg oor Chinese heerskappy, maar om te dink die res van die wêreld is immuun teen soortgelyke optrede, is gevaarlik en naïef.

- Marius Visser, BY 28 Oktober 2011

[In hierdie weergawe het ek woorde wat gewoonlik vas geskryf word in Afrikaans los geskryf om 'n punt te demonstreer.]

No comments:

Post a Comment