Inferno deur Dan Brown. Uitgewer: Doubleday.
Het verskyn in Rapport, 14 Julie 2013.
Die beste ding omtrent Inferno van Dan Brown is al die parodieë wat dit tot gevolg gehad het. Die arme resensente voel aan hulle is impotent teen die fenomeen van Brown se hipergewilde boeke.
Dit help skaars hulle trek die skryfstyl uitmekaar of wys op die clichés en onnodige herhalings in die teks, die onlogiese storielyn, die wisselvallige verhouding met die werklike historiese gegewe, die gemengde metafoor, die kitsvermaak-resepmatigheid, die deursigtig-dun karakters...
Shame, maak nie saak wat resensente oor die literêre waarde van sy boeke te sê het nie, dit gaan verkoop soos koekies met baie suiker in. So, in hul impotente woede skryf hulle skreeusnaakse artikels in die purple styl van die boeke – dit is al wat ons kán doen. Gaan soek op die internet by The Guardian enThe Daily Telegraph.
As dít Brown se grootste bydrae is, dan is dit al klaar goed so.
Ons kan natuurlik binnekort die fliekweergawe van die boek verwag, met ’n toenemend afgeleefde Tom Hanks in die rol van die “ikonoloog en simboloog” (’n fiktiewe terrein van studie) Robert Langdon.
Saam met hom in dié boek is die jong wonderkind Sienna Brooks (vasweg gegrond op die Lisbeth Salanderkarakter van die Millennium-trilogie).
Saam takel hulle ’n raaisel wat wentel om Dante se La Divina Commedia, en maak daarvan iets minder as “divina” en allermins “commedia”.
Langdon word wakker met geheueverlies in ’n hospitaal in Florence. Hy kom agter hy het reeds ’n groot geheim ontsyfer en nou moet hy en sy onwaarskynlike handlanger, Brooks, weer sy eie spoor navolg om, soos hulle vermoed, die wêreld van sekere uitwissing te red.
Terselfdertyd is ’n span sinistere agente op hul spoor. Dit is, glo dit of nie, ’n resies teen tyd, maar die bose meesterbrein (of dalk versiende ideoloog?) Bertrand Zobrist bly – al is hy reeds dood – hulle een stappie voor.
Die element wat van Da Vinci Code so ’n treffer gemaak het, is weer hier: stom-eenvoudige raaisels wat die leser kan uitpluis 27 bladsye voor die hoofkarakter aandui dat hy snap wat aangaan.
Brown het reeds sy tande in godsdiens en internasionale politiek geslaan met sy vorige boeke; nou pak hy oorbevolking en die hel van wedywering en konflik wat dit oënskynlik tot gevolg gaan hê.
Dit dien geen doel om verder oor die storie aan te gaan nie. As jy van Brown hou, gaan jy mal wees oor hierdie boek – en hoekom dan nie?
Brown weet van storie-verpakking. Alles speel af in die bestek van 24 uur; die hoofstukke is lekker kort sodat ’n mens kan gaan koffie maak sonder om iets mis te loop; beskrywings is voetstoots en visueel sodat die regisseur kan weet wat aangaan; en die product placement is afgehandel.
Die boek se einde is selfs moreel bedenklik, gereed om eindelose kletsprogram-gesprekke aan te vuur wanneer die fliek uitgereik word.
’n Mens wonder soms of Brown nie dalk reeds sy eie werk parodieer nie?
Enige skrywer van aksie-rillers behoort kennis te neem van die dinge wat Dan Brown regkry in sy stories. Hy trek die gewone leser in en kry dit reg om die aandag te fokus op die smoke and mirrors, sodat ’n mens ongeduldig bo-oor die swak plekke lees.
Aan die ander kant: Daar is so baie swak plekke dat dit enige nabetragting van die boek oorheers.
Dit wys jy kan ’n swak skrywer wees en ’n goeie storie vertel, seker ook die teenoorgestelde. Miskien kry Brown eendag albei gelyk reg.
Friday, 11 October 2013
Broodnodige vertelling, ongeslaagde formaat
Moord en roof: In die kop van ’n baasspeurder deur Albert Blake.
Het verskyn in Rapport se Boeke-bylae, 6 Oktober 2013.
Die ware verhaal van ’n baasspeurder in die Wes-Randse moord-en-roof-eenheid... Dít skep verwagtinge: ’n Bietjie speurwerk, byvoorbeeld, sou miskien ’n rol moet speel.
Die speurwerk hier kan soos volg opgesom word: “Ná intense speurwerk is die verdagtes aangekeer”; of “Ná hulle inligting van informante ontvang het, is die verdagtes vasgekeer”; of “Absoluut toevallig het hulle die verdagtes vasgekeer/doodgeskiet”. Die einde van die speurwerk.
Dit is nie dat dit ’n slegte boek is nie. Hy is suksesvol vir wat hy probeer wees binnekant die omslag: ’n geskiedkundige boek van rekord.
Dit is net dat die omslag hom soos een of ander spannende speurverhaal wil laat lyk.
In der waarheid is daar ’n kort opsomming van Charles Miller se omstandighede, behendig en simpatiek gedoen, gevolg deur anekdote op anekdote op (sieldodende) gewelddadige dog kliniese anekdote.
Hierdie storie van ’n wit, rassistiese man wat onder onmoontlike omstandighede die smerige vuilwerk van ’n desperate 1970’s- en 1980’s-apartheidsregering gedoen het, verdien om vertel en gehoor te word. Dit moet dalk veral deur ons nie-Afrikaanse landgenote gehoor word, as ’n soort rekord van onmenslikheid en ’n insig in wat dit aan ons wit gemoedere gedoen het van die binnekant af.
In die formaat wat dit hier op my lessenaar lê, het ek egter nie veel hoop dit gaan ernstig opgeneem word nie.
Ek het respek vir die skrywer wat so ’n sensitiewe stuk ervaring menslik probeer aanbied, en moes elke nou en dan myself herinner ons praat eintlik hier van ’n man wat as ’n gewillige handpop menige maal vyande van die regering doodgemaak het.
En ek dink ons almal met ’n bleek gelaat het daardie ervaring ná apartheid: Dat ons iemand ken, miskien in ons familiekring, wat eenvoudig in ’n sekere sin heeltemal verlore is vir die samesyn van die reënboognasie, maar wat op ander terreine steeds ’n sagte hartjie blyk te hê. Dan sit ons met daardie dualiteit waar ’n mens wil verskoning maak aan die wêreld: “Ag, oom Kallie (of wie ook al) is eintlik baie nice,” ensovoorts, maar net nie met swart mense nie...
Nietemin: Dié boek bied sy anekdotes in beendroë boekafrikaans, soos ’n stuk of 300 redaksionele kommentare in ’n ry. Hy bied dit eerlik aan, bewus van die problematiek én bewus van die slagoffers én bewus van die wit polisiemanne se eie slagofferskap – ’n baie dun en eensame paadjie om te stap.
Ongelukkig – weens die polities korrekte walgooi wat dit behels – kom dit soms ’n bietjie apologeties voor.
As toegif is daar ’n argument vir die doodstraf wat ek nog nie oorweeg het nie. Dié harde polisiemanne het monsters en misdadigers gejag sonder ophou, totdat hulle gevang of dood was. En as hulle gevang is, het die speurders hul regstaak sorgvuldig en deeglik gedoen, want die doodstraf was vir hulle ’n beloning vir hul harde werk.
Doodstraf as motivering vir goeie polisiëring... Wie sou kon dink?
Dié boek ís interessante leesstof, maar die kliniese taal en vertelstyl maak dit nie juis ’n lekker ervaring nie en ’n mens kry gou die punt: It was a dirty job, but (apparently) someone had to do it.

Thursday, 23 August 2012
Resensie: Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren
tl;dr: Baie lekker boek wat uitstaan bo enige spanningsverhale agv. sy uitstekende karaktergedrewe interaksie.
Dis moeilik om ’n realistiese boek in Afrikaans te skryf. Ons meng ons tale en kulture so baie dat dit fyn handwerk verg om niemand aanstoot te gee nie; om polities bo verdenking te bly; om die taal van gewone mense, maar ook suiwer of vernuwende Afrikaans te gebruik.
En hierdie oorwegings is maar net ’n paar van die duisende ander wat mense maklik van jou storie kan vervreem en daardie allerbelangrike suspension of disbelief ’n doodskoot in die agterkop gee.
Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren is ’n triomf. Dis ’n karaktergedrewe heuningpot van intrige en spanning wat die ondenkbare regkry: Dit spin ’n storie in die hier en nou wat jou laat vergeet hy’s Afrikaans; wat enduit boei en oortuig met sy taalgebruik en gebeure; wat jou hardop laat lag en jou laat seker maak die voordeur is dig gesluit – sonder om, en dis nog een van die slaggate in Afrikaanse prosa, jou soos ’n 12-jarige te behandel.

Wednesday, 25 July 2012
Resensie-in-wording: Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren
Kruitvat slegs elektronies beskikbaar op Amazon.
Kruitvat ook as slapband by Amazon beskikbaar.
Ek sal nie 'n geheim maak daarvan nie: Ek is moer beïndruk sover met hierdie boek.
Hier is Amazon se beskrywing:
Die jong koerantbaas op Phalaborwa, Adriaan Ferreira, het baie hooi op sy vurk. Hy het aanvanklik gedink sy koerant, Bosveldnuus, gaan 'n rustige lewe tot gevolg hê, want hoe moeilik kan dit nou wees om oor sportbyeenkomste en troues te skryf? Maar dié amateur-joernalis sit die pot heeltemal mis. Eers word 'n swart meisie noodlottig in 'n tref-en-trap-ongeluk beseer en daarna volg 'n grusame moord. Twee uiteenlopende gebeure, wil dit voorkom, maar die gerugte op die dorp vertel 'n ander storie. En die gemoedere loop hoog. Gooi by hierdie onstabiele situasie erg konserwatief-Christelike sienings, 'n Portugees wat met wapens smokkel, 'n verhouding met die verkeerde vrou en 'n vriend uit Adriaan se verlede wat ou spoke opjaag, en jy het 'n kruitvat wat wag om te ontplof. Adriaan sit dalk op die grootste – maar ook die gevaarlikste – storie van sy kort joernalistieke lewe. En hy is beslis nie toegerus vir dié een nie. Wat jy sien, is nie altyd wat jy kry nie.EDIT: My resensie van Kruitvat is nou op Rapport se website.
Tuesday, 17 July 2012
Is Crito net nog 'n troll?
Ek dink dis tyd dat Crito bietjie aangevat word. Elke week, baie gedissiplineerd, resenseer Crito die boekresensies van Afrikaanse boeke wat in die media verskyn het -- 'n baie waardevolle diens.
Kyk, geen twyfel die ou kan homself goed uitdruk nie, maar hy moet ook darem aangevat word as hy die pot mis sit.
Sy laaste resensie van my resensie van Piet van Rooyen se boek Rodriguez het my gewys Crito lees partykeer haastig op soek na maklike punte. Die ad hominem help ook nie.
Tuesday, 3 July 2012
"Witskrif" van 'n boekresensie
Kliek hier vir Finale Weergawe in Rapport
LEES EERS: Hierdie resensie is 'n voorlopie konsepdokument. Dit is nie die finale produk nie. Ek wil 'n eksperiment doen om te sien wat die reaksie daarop sal wees, sodat die finale produk meer gerig is op lesers, en sodat daar reeds 'n gesprek bestaan wanneer dit gedruk word. Ek doen dit in my persoonlike kapasiteit. Terms and conditions apply.
Ná heelwat teleurstellings die afgelope jaar, het ek baie hoop op Rodriguez geplaas.
Die flapteks beloof 'n "eg menslike verhaal deur 'n bekroonde skrywer". Die "bekroonde" is soms rede tot kommer, maar Piet van Rooyen lyk na die ware Jakob: M-Net Boekprys in 1998 vir Die olifantjagters en in 1993 die eerste prys in die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie vir Die Spoorsnyer.
Daarbenewens het hy al 18 boeke die lig laat sien, insluitende akademiese boeke en 'n paar digbundels, wat almal redelik goeie resensies gekry het. Hy is tans professor in politieke wetenskap by die Universiteit van Namibië, met 'n agtergrond in antropologie.
Benewens bogenoemde benewens, is hy van die Ernest Hemingway-skool: buitelug, aksie en avontuur -- "manlike" dinge, en nie skaam daaroor nie.

Resensie: Rodriguez deur Piet van Rooyen

Monday, 25 June 2012
Resensie: Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger
![]() |
| Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger |
tl;dr: Te veel eksposisie maak die aksie dood. Probeer hy 'n Nazi verskoon vir sy dade? -- want as blote verduideliking stort dit in duie...
Dié boek ruk jou uit Suid-Afrika, en selfs uit Afrikaans, tot in
Duitsland voor die Tweede Wêreldoorlog, en dít is sy grootste prestasie.
Tot 20 000 spoorwegwerkers in Nazi-Duitsland het geweet hulle pleeg
massamoord, en is nooit vervolg nie.
In Die twee lewens van Dieter
Ondracek ontmoet ons een, die ingenieur Dieter Ondracek. Treine is sy
passie. Ons volg sy genesis as die een wat die treine laat loop na die
konsentrasiekampe. Ons volg sy opgang, sy val, sy vernedering, en sy
hervestiging, as Nazi-vlugteling in Suid-Afrika, waar hy skuil van sy verlede,
en van Simon Wiesenthal.
Saturday, 12 May 2012
Resensie: Poppekas deur Deborah Steinmair

tl;dr: Dis okay, maar nie regtig vir grootmense nie.
’n Slim, jong vrou, ’n geheimsinnige verdwyning, ’n duistere geheim (die beste soort!) en ’n kleinhuisie vol sushi...
Deborah Steinmair se Poppekas, ’n energieke en spannende boek, is wonderlik: ’n storie met gewone woorde wat styf gespan is, eerder as lang, slap woorde wat ’n gebrek aan spanning moet wegsteek.
Wat jy ook al dink van daardie rampgebied bekend as The Da Vinci Code, dis meesterlik vir die aandaggebrekkige leser ontwerp en mooi visueel in kort hoofstukkies verpak vir Hollywood: kits-draaiboek.
Met geen bedoeling van aanstoot nie: Poppekas is ook só aanmekaargesit.
Saturday, 5 May 2012
Resensie: Clarence van Buuren: Die man agter die donkerbril deur Chris Marnewick
tl;dr: Selfs al het jy nog nooit van Clarence van Buuren gehoor nie, sal die boek jou aandag hou, opvoed in analitiese denke en jou verbeelding prikkel.
Onlangs lees ek ’n boek oor antieke Egipte. ’n Farao marsjeer noord na wat nou Sirië is om daar te gaan oorlog maak. Hy slaap oor in ’n klein dorpie aan die kus van Palestina.
Dié aand lê hy alleen in ’n kamer, sukkel om te slaap, kyk na die wind wat die boomtakke buite die venster rondwaai.
Ons weet hiervan, want hy het dit die volgende dag op ’n stuk papirus neergeskryf.
Dit was 3 000 jaar gelede.

Thursday, 23 February 2012
This accident was no accident
![]() |
| Humphrey Mmemezi |
Here is what Gauteng MEC for Housing Humphrey Mmemezi, told Beeld today about the accident caused by his official vehicle that left teenager Thomas Ferreira with brain damage:
"People should not be ridiculous and politicise this accident, just because a blue-light vehicle was involved. This was an accident just like any other." (reported by IOL, 23 February 2012)
Subscribe to:
Posts (Atom)