tl;dr: Baie lekker boek wat uitstaan bo enige spanningsverhale agv. sy uitstekende karaktergedrewe interaksie.
Dis moeilik om ’n realistiese boek in Afrikaans te skryf. Ons meng ons tale en kulture so baie dat dit fyn handwerk verg om niemand aanstoot te gee nie; om polities bo verdenking te bly; om die taal van gewone mense, maar ook suiwer of vernuwende Afrikaans te gebruik.
En hierdie oorwegings is maar net ’n paar van die duisende ander wat mense maklik van jou storie kan vervreem en daardie allerbelangrike suspension of disbelief ’n doodskoot in die agterkop gee.
Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren is ’n triomf. Dis ’n karaktergedrewe heuningpot van intrige en spanning wat die ondenkbare regkry: Dit spin ’n storie in die hier en nou wat jou laat vergeet hy’s Afrikaans; wat enduit boei en oortuig met sy taalgebruik en gebeure; wat jou hardop laat lag en jou laat seker maak die voordeur is dig gesluit – sonder om, en dis nog een van die slaggate in Afrikaanse prosa, jou soos ’n 12-jarige te behandel.
Thursday, 23 August 2012
Wednesday, 25 July 2012
Resensie-in-wording: Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren
Kruitvat slegs elektronies beskikbaar op Amazon.
Kruitvat ook as slapband by Amazon beskikbaar.
Ek sal nie 'n geheim maak daarvan nie: Ek is moer beïndruk sover met hierdie boek.
Hier is Amazon se beskrywing:
Die jong koerantbaas op Phalaborwa, Adriaan Ferreira, het baie hooi op sy vurk. Hy het aanvanklik gedink sy koerant, Bosveldnuus, gaan 'n rustige lewe tot gevolg hê, want hoe moeilik kan dit nou wees om oor sportbyeenkomste en troues te skryf? Maar dié amateur-joernalis sit die pot heeltemal mis. Eers word 'n swart meisie noodlottig in 'n tref-en-trap-ongeluk beseer en daarna volg 'n grusame moord. Twee uiteenlopende gebeure, wil dit voorkom, maar die gerugte op die dorp vertel 'n ander storie. En die gemoedere loop hoog. Gooi by hierdie onstabiele situasie erg konserwatief-Christelike sienings, 'n Portugees wat met wapens smokkel, 'n verhouding met die verkeerde vrou en 'n vriend uit Adriaan se verlede wat ou spoke opjaag, en jy het 'n kruitvat wat wag om te ontplof. Adriaan sit dalk op die grootste – maar ook die gevaarlikste – storie van sy kort joernalistieke lewe. En hy is beslis nie toegerus vir dié een nie. Wat jy sien, is nie altyd wat jy kry nie.EDIT: My resensie van Kruitvat is nou op Rapport se website.
Tuesday, 17 July 2012
Is Crito net nog 'n troll?
Ek dink dis tyd dat Crito bietjie aangevat word. Elke week, baie gedissiplineerd, resenseer Crito die boekresensies van Afrikaanse boeke wat in die media verskyn het -- 'n baie waardevolle diens.
Kyk, geen twyfel die ou kan homself goed uitdruk nie, maar hy moet ook darem aangevat word as hy die pot mis sit.
Sy laaste resensie van my resensie van Piet van Rooyen se boek Rodriguez het my gewys Crito lees partykeer haastig op soek na maklike punte. Die ad hominem help ook nie.
Tuesday, 3 July 2012
"Witskrif" van 'n boekresensie
Kliek hier vir Finale Weergawe in Rapport
LEES EERS: Hierdie resensie is 'n voorlopie konsepdokument. Dit is nie die finale produk nie. Ek wil 'n eksperiment doen om te sien wat die reaksie daarop sal wees, sodat die finale produk meer gerig is op lesers, en sodat daar reeds 'n gesprek bestaan wanneer dit gedruk word. Ek doen dit in my persoonlike kapasiteit. Terms and conditions apply.
Ná heelwat teleurstellings die afgelope jaar, het ek baie hoop op Rodriguez geplaas.
Die flapteks beloof 'n "eg menslike verhaal deur 'n bekroonde skrywer". Die "bekroonde" is soms rede tot kommer, maar Piet van Rooyen lyk na die ware Jakob: M-Net Boekprys in 1998 vir Die olifantjagters en in 1993 die eerste prys in die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie vir Die Spoorsnyer.
Daarbenewens het hy al 18 boeke die lig laat sien, insluitende akademiese boeke en 'n paar digbundels, wat almal redelik goeie resensies gekry het. Hy is tans professor in politieke wetenskap by die Universiteit van Namibië, met 'n agtergrond in antropologie.
Benewens bogenoemde benewens, is hy van die Ernest Hemingway-skool: buitelug, aksie en avontuur -- "manlike" dinge, en nie skaam daaroor nie.
LEES EERS: Hierdie resensie is 'n voorlopie konsepdokument. Dit is nie die finale produk nie. Ek wil 'n eksperiment doen om te sien wat die reaksie daarop sal wees, sodat die finale produk meer gerig is op lesers, en sodat daar reeds 'n gesprek bestaan wanneer dit gedruk word. Ek doen dit in my persoonlike kapasiteit. Terms and conditions apply.
Resensie: Rodriguez deur Piet van Rooyen
Ná heelwat teleurstellings die afgelope jaar, het ek baie hoop op Rodriguez geplaas.
Die flapteks beloof 'n "eg menslike verhaal deur 'n bekroonde skrywer". Die "bekroonde" is soms rede tot kommer, maar Piet van Rooyen lyk na die ware Jakob: M-Net Boekprys in 1998 vir Die olifantjagters en in 1993 die eerste prys in die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie vir Die Spoorsnyer.
Daarbenewens het hy al 18 boeke die lig laat sien, insluitende akademiese boeke en 'n paar digbundels, wat almal redelik goeie resensies gekry het. Hy is tans professor in politieke wetenskap by die Universiteit van Namibië, met 'n agtergrond in antropologie.
Benewens bogenoemde benewens, is hy van die Ernest Hemingway-skool: buitelug, aksie en avontuur -- "manlike" dinge, en nie skaam daaroor nie.
Monday, 25 June 2012
Resensie: Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger
Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger |
tl;dr: Te veel eksposisie maak die aksie dood. Probeer hy 'n Nazi verskoon vir sy dade? -- want as blote verduideliking stort dit in duie...
Dié boek ruk jou uit Suid-Afrika, en selfs uit Afrikaans, tot in
Duitsland voor die Tweede Wêreldoorlog, en dít is sy grootste prestasie.
Tot 20 000 spoorwegwerkers in Nazi-Duitsland het geweet hulle pleeg
massamoord, en is nooit vervolg nie.
In Die twee lewens van Dieter
Ondracek ontmoet ons een, die ingenieur Dieter Ondracek. Treine is sy
passie. Ons volg sy genesis as die een wat die treine laat loop na die
konsentrasiekampe. Ons volg sy opgang, sy val, sy vernedering, en sy
hervestiging, as Nazi-vlugteling in Suid-Afrika, waar hy skuil van sy verlede,
en van Simon Wiesenthal.
Saturday, 12 May 2012
Resensie: Poppekas deur Deborah Steinmair
tl;dr: Dis okay, maar nie regtig vir grootmense nie.
’n Slim, jong vrou, ’n geheimsinnige verdwyning, ’n duistere geheim (die beste soort!) en ’n kleinhuisie vol sushi...
Deborah Steinmair se Poppekas, ’n energieke en spannende boek, is wonderlik: ’n storie met gewone woorde wat styf gespan is, eerder as lang, slap woorde wat ’n gebrek aan spanning moet wegsteek.
Wat jy ook al dink van daardie rampgebied bekend as The Da Vinci Code, dis meesterlik vir die aandaggebrekkige leser ontwerp en mooi visueel in kort hoofstukkies verpak vir Hollywood: kits-draaiboek.
Met geen bedoeling van aanstoot nie: Poppekas is ook só aanmekaargesit.
Saturday, 5 May 2012
Resensie: Clarence van Buuren: Die man agter die donkerbril deur Chris Marnewick
tl;dr: Selfs al het jy nog nooit van Clarence van Buuren gehoor nie, sal die boek jou aandag hou, opvoed in analitiese denke en jou verbeelding prikkel.
Onlangs lees ek ’n boek oor antieke Egipte. ’n Farao marsjeer noord na wat nou Sirië is om daar te gaan oorlog maak. Hy slaap oor in ’n klein dorpie aan die kus van Palestina.
Dié aand lê hy alleen in ’n kamer, sukkel om te slaap, kyk na die wind wat die boomtakke buite die venster rondwaai.
Ons weet hiervan, want hy het dit die volgende dag op ’n stuk papirus neergeskryf.
Dit was 3 000 jaar gelede.
Onlangs lees ek ’n boek oor antieke Egipte. ’n Farao marsjeer noord na wat nou Sirië is om daar te gaan oorlog maak. Hy slaap oor in ’n klein dorpie aan die kus van Palestina.
Dié aand lê hy alleen in ’n kamer, sukkel om te slaap, kyk na die wind wat die boomtakke buite die venster rondwaai.
Ons weet hiervan, want hy het dit die volgende dag op ’n stuk papirus neergeskryf.
Dit was 3 000 jaar gelede.
Thursday, 23 February 2012
This accident was no accident
Humphrey Mmemezi |
Here is what Gauteng MEC for Housing Humphrey Mmemezi, told Beeld today about the accident caused by his official vehicle that left teenager Thomas Ferreira with brain damage:
"People should not be ridiculous and politicise this accident, just because a blue-light vehicle was involved. This was an accident just like any other." (reported by IOL, 23 February 2012)
Tuesday, 21 February 2012
Hoe help mens vir Kristin Swarts?
Christina en Francois Swarts met Kristin. |
Die Omstandighede
Hoe ver sal jy gaan as jy jou kind se lewe wil red? Die ouers van Kristin Swarts, 'n driejarige van Atlantis in die Wes-Kaap wil Texas toe gaan, maar daarvoor het hulle groot geld nodig.
Rapport het laas Sondag van Kristin se stryd teen 'n soort breinstamkanker, genaamd ponsglioom, berig.
As agtergrondinformasie noem hulle bloot die feit dat die Swarts-gesin beplan om Kristin na 'n dr. Stanislaw Burzynski van Houston, Texas te stuur. Die feit dat ek weet daar is geen gevorderde kankerbehandeling wat nie hier in Suid-Afrika aangebied kan word nie het dadelik 'n rooi lig by my laat afgaan.
'n Enkele soektog op Google was genoeg om my tientalle skakels te gee wat toon dat hierdie dr. Stanislaw Burzynski nie heeltemal die wonderwerker is wat a.) die Swarts'e dink hy is nie en b.) hy voorgee hy is nie.
Resensie: So lig soos klip deur Jacques Pretorius
tl;dr: Hoekom kan Afrikaanse skrywers nie net stories vertel nie? Back to basics vir julle almal.
Die boek handel oor ’n seun van Fietas (Pageview en Vrededorp) in Johannesburg wat deur sy armoede en sy ouers afgeknou word en dan nog deur God, die staat en die polisie in ’n loop gelaai word om te dien as kanonvoer teen die swart, rooi en veralgemeende totale aanslae.
As jy wit en oor 30 is, is dit die storie van jou lewe. (They fuck you up, your mum and dad, sê Philip Larkin; hy bly relevant regdeur die boek. )
Die kind, wat naamloos bly, is ten gronde ’n goeie mens (gebore in onskuld, ens.), maar die skuldgevoelens van godsdiens en die atmosfeer van militarisme, waar die doel altyd die middele heilig, maak van hom ’n emosionele slagveld.
Friday, 17 February 2012
Omstander-effek en die dood van Wang Yue
Sedert 18 verbygangers onlangs versuim het om ’n Chinese meisie te help nadat sy omgery is, word oor Chinese waardes en moraliteit besin. Het die nuwe empire empatie? vra kritici. Oppas, ook die Weste ly aan hierdie sindroom...
’n Twee jarige kleuter drentel in die straat. ’n Aflewerings wa, sy kopligte uitgedoof, ry op haar af. Die wa stamp haar en ry met sy voor wiel bo oor haar. Die bestuurder stop, aarsel. Dan ry hy ook met sy agter wiel oor die kind.
Die eerste man wat verby stap, móét die ongeluk sien gebeur het – hy was net meters agter die motor. Die tweede man draai met sy fiets uit om die meisie te mis. ’n Minuut ná die ongeluk ry ’n tweede voertuig, ook sonder kopligte, bo-oor haar voet. ’n Ma en dogter stap hand aan hand verby en kyk na die kind, maar stop nie. Iemand op ’n bromponie kom tot stilstand, gee een kyk en ry weg.
’n Twee jarige kleuter drentel in die straat. ’n Aflewerings wa, sy kopligte uitgedoof, ry op haar af. Die wa stamp haar en ry met sy voor wiel bo oor haar. Die bestuurder stop, aarsel. Dan ry hy ook met sy agter wiel oor die kind.
Die eerste man wat verby stap, móét die ongeluk sien gebeur het – hy was net meters agter die motor. Die tweede man draai met sy fiets uit om die meisie te mis. ’n Minuut ná die ongeluk ry ’n tweede voertuig, ook sonder kopligte, bo-oor haar voet. ’n Ma en dogter stap hand aan hand verby en kyk na die kind, maar stop nie. Iemand op ’n bromponie kom tot stilstand, gee een kyk en ry weg.
Resensie: The Neighborhood Project deur David Sloan Wilson
Die teorie van evolusie is al gekritiseer dat dit nie gebruik kan word om voorspellings te maak nie.
Dis natuurlik bog: Darwin self het al daarmee voorspellings gemaak, soos oor watter fossiele in watter soort rotse gevind behoort te word.
Maar mense vind sulke voorspellings onbevredigend; dit sê niks oor die toekoms nie. Evolusie gaan wonderlik onvoorspelbaar te werk wanneer dit – as’t ware – gelos word om in vrede te funksioneer.
Nou is daar ’n nuwe benadering tot evolusie waarmee gepoog word om hierdie wetenskap in te span om van ons wêreld, en dié van die toekoms, ’n beter plek te maak.
David Sloan Wilson, professor in biologie en antropologie, skryf The Neighborhood Project met die energie en geesdrif van ’n wedergebore Christen (verskoon die ironie): In sy navorsing het hy ’n “gloeilamp-oomblik” beleef toe hy besef evolusie kan oorspoel na ons daaglikse lewe.
Resensie: The Fat Years deur Chan Koonchung
Chan Koonchung is in Shanghai gebore, en het in Hong Kong en Taiwan grootgeword, maar woon tans in Beijing. Hy het al tydskrifte, TV-kanale en internet firmas gestig en talle boeke en essays geskryf.
In die 1990’s het hy Hong Kong permanent verruil vir Beijing om nader aan die hart van die opwinding van die Chinese ontwaking te wees.
Sy boek The Fat Years het met sy publikasie in Hong Kong ’n stroom belangstelling onder intellektuele en jong afvalliges veroorsaak. Die boek versprei goed op die vasteland, al word dit nie daar uitgegee nie.
The Fat Years is spekulatiewe fiksie wat slegs twee jaar die toekoms in afspeel.
In 2013 kondig die Chinese regering amptelik die aanvang van die “Goue Era van Chinese Meesterskap” aan. Die wêreld beleef ’n ekonomiese krisis. Markte in die Weste is in chaos, maar China ontkom wonderbaarlik aan die apokaliptiese insinking.
Resensie: Die kamferkis deur Sjane van Aswegen
Die kamferkis deur Sjane van Aswegen. Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R130.
Kamferhout is bitter, en dit hou die motte weg. Dis hoekom hulle in die ou dae trousseau-kissies daarvan gemaak het.
Maar pasop wat jy daarin sit: Aan die einde van jou lewe het jy dalk ’n vars klomp bitterheid.
Sjane van Aswegen skryf in Die kamferkis ’n kort, op die man af verhaal oor bitterheid, berou en oudword.
Ons ontmoet die korrelkop tannie Mien de Jager in ’n ouetehuis waar sy hardkoppig skop teen haar liggaamlike aftakeling en die neerhalende manier waarop jong mense haar behandel. Haar verhaal ontvou uit haar herinneringe, wat sy sorgvuldig wegbêre in haar oorgeërfde kamferhoutkissie.
Eens was sy ’n wonderlike jong meisie, tot barstens toe vol liefde en talent. Toe ontmoet sy ’n jong man op ’n familievakansie. Die liefde blom.
Subscribe to:
Posts (Atom)